Gustav & Elna Muller het meer as 17 jaar huweliks-berading ervaring en is die aanbieders van verskeie suksesvolle huweliks-kursusse. Meer as 3000 egpare het al by hulle aangeklop vir huweliksberading en hulle is gewilde sprekers regoor Suid Afrika. Hulle is die stigters en leierpaar van Keys4marriage (‘n afdeling van Shalash Marriage Ministry). Hulle is meer as 25 jaar getroud met twee kinders.